seun van Djengis Khan From Wikipedia, the free encyclopedia
Toloei Khan (Mongools: Толуй хаан; 1192–1232) was die vierde seun van Djengis Khan by sy hoofvrou, Börte. Sy oeloes, of erfenisgebied, met sy pa se dood in 1227 was die hoofgebied van Mongolië, en hy was met die verkiesing van Djengis se opvolger die administrateur wat Ögedei as tweede Groot Khan bekragtig het.
Toloei | |
---|---|
’n Skildery van Toloei Khan, vroeë 14de eeu. | |
Dinastie | Bordjigin |
Bewind | 25 Augustus 1227 – 13 September 1229 |
Volle naam | Mongools: Толуй хаан, ᠲᠤᠯᠤᠢ Chinees: 拖雷 |
Gebore | 1192 |
Gesterf | 1232 (op 39-40 jaar) |
Mongolië | |
Voorganger | Djengis Khan |
Opvolger | Ögedei Khan |
Gade | Sorghaghtani Beki |
Kinders | Möngke Khan (1209–1259) Koeblai Khan (1215–1294) Hoelagoe Khan (1217–1265) Ariq Böke (1219–1266) |
Vader | Djengis Khan |
Moeder | Börte |
Hoewel Toloei nooit amptelik Groot Khan was nie, het sy seun Möngke hom die titel ná sy dood gegee, en sy ander seun Koeblai het hom nadoods die Chinese tempelnaam Yuán Ruìzōng gegee toe hy die Yuan-dinastie ’n paar dekades later gestig het.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.