Mongoolse keiser van die Sjinese Yuan-dinastie From Wikipedia, the free encyclopedia
Toghon Temür (Mongools: Тогоонтөмөр, Togoontömör, Chinees: 妥懽帖睦尔; 25 Mei 1320 – 23 Mei 1370), ook bekend onder sy tempelnaam Huizong, word beskou as die laaste Groot Khan van die Mongoolse Ryk.[1][2][3] Hy was die seun van Kuśala, keiser van die Yuan-dinastie.
Toghon Temür | |
---|---|
Keiser, khagan | |
Dinastie | Bordjigin, Yuan-dinastie |
Bewind | 19 Julie 1333 – 23 Mei 1370 |
Volle naam | Chinees: 妥懽帖睦尔 Mongools: Тогоонтөмөр, ᠲᠤᠭᠤᠨᠲᠡᠮᠦᠷ |
Gebore | 25 Mei 1320 |
Gesterf | 23 Mei 1370 (op 50 jaar) |
Yingchang | |
Voorganger | Rinchinbal |
Opvolger | Biligtü |
Gade | Danashri |
Vader | Kuśala |
In die laaste jare van sy bewind is die Yuan-dinastie omvergewerp deur ’nChjinese rebellie, waarna die Ming-dinastie gestig is, hoewel die Mongole steeds beheer oor Mongolië behou het.
Toghon Temür is as jong keiser deur krygshere beheer. Toe hy ouer word, het hy van sommige van die mense wat hom oorheers het, ontslae geraak.
In die latere jare van sy bewind het mense op die platteland gely onder talle natuurlike rampe: droogtes, vloede en hongersnood. Die regering se gebrek aan doeltreffende maniere om hulle te help het daartoe gelei dat die keiser ongewild geraak het. In 1348 is ’n rebellie deur ontevrede burgers begin. Dit het gelei tot opstande oor die hele ryk. Die hele sentrale regering het verswak.
Toghon Temür het geleidelik belang in die regering verloor en ophou optree om politieke struwelinge te besleg. Die pogings van sy seun, kroonprins Ayushiridar, om sy bewind oor te neem het die politieke en militêre mag van die regering verder geknou.
Rebellegroepe in Suid-China het die Ming-dinastie gestig en die leër van die Yuan-dinastie in Noord-China in 1368 verslaan. Toghon Temür het na sy somerbasis, Shangdu, gevlug. In 1369, toe Shangdu ook val, het hy noordwaarts na Yingchang gevlug, waar hy in 1370 dood is.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.