![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/64/Pork_chops_served.jpg/640px-Pork_chops_served.jpg&w=640&q=50)
Tjop (vleis)
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Tjop of kotelet is 'n vleissnit wat reghoekig met die rugstring gesny (of gesaag) is. Dit bevat gewoonlik 'n ribbebeen of 'n deel van die ribbes en word as 'n enkele porsie bedien. Lam, skaap en vark is die algemeenste bron van tjops, maar ook wildstjops is in gebruik.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/64/Pork_chops_served.jpg/640px-Pork_chops_served.jpg)
Die benaming "tjop" word nie vir beesvleis gebruik nie, maar 'n T-been biefstuk (steak) is in der waarheid 'n beeslendetjop, en 'n "rib steak" 'n beesribtjop.