Tirimmas van Masedonië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Tirimmas was die derde koning van Masedonië. Hy het Koinos opgevolg, maar dis nie seker wanneer nie. Nie veel is bekend oor hierdie halfmitiese koning nie, behalwe dat sy bewind in 700 v.C. aan ’n einde gekom het, waarna Perdikkas I van Masedonië die Argeïese Dinastie gestig het.
Kitsfeite Tydperk, Grieks ...
Tirimmas | |
---|---|
Koning van Masedonië | |
Tydperk | tradisioneel: 750 v.C. – 700 v.C. |
Grieks | Τυρίμμας |
Huis | Argeïese Dinastie |
Voorganger | Koinos |
Opvolger | Perdikkas |
Vrou | onbekend |
Kinders | Perdikkas |
Vader | Koinos |
Moeder | onbekend |
Geloof | Griekse mitologie |
Sluit