Thracië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Thracië (Bulgaars: Тракия, Trakija; Grieks: Θράκη, Thráki; Turks: Trakya) is ’n historiese en geografiese gebied in Suidwes-Europa. Dit grens aan die Balkan-gebergte in die noorde, die Rhodope-gebergte en die Egeïese See in die suide en die Swartsee en die See van Marmara in die ooste.[1][2]
- Vir die Romeinse provinsie sien Thracia (Romeinse provinsie).
Dit beslaan dele in Bulgarye en Griekeland asook die hele Europese kant van Turkye. In Turkye word dit ook Rumeli genoem. Die naam kom van die Thraciërs, ’n antieke Indo-Europese volk wat in Sentraal-, Oos- en Suidoos-Europa gewoon het.