![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/70/The-Turn-of-the-Screw-Collier%2527s-1A.jpg/640px-The-Turn-of-the-Screw-Collier%2527s-1A.jpg&w=640&q=50)
The Turn of the Screw
novelle deur Henry James / From Wikipedia, the free encyclopedia
The Turn of the Screw is 'n 1898 riller-novelle deur Henry James wat eerste in tydskrifvorm verskyn het in Collier's Weekly magazine (27 Januarie – 16 April 1898). In Oktober 1898 het dit verskyn in The Two Magics, 'n boek wat in New York Stad deur Macmillan en in Londen deur Heinemann gepubliseer is. Die werk, wat as beide gotiese fiksie en as 'n spookverhaal geklassifiseer kan word, fokus op 'n goewernante wat vir twee kinders op 'n afgeleë landgoed sorg, en oortuig daarvan word dat die plek spook.
The Turn of the Screw | |
---|---|
![]() | |
Skrywer | Henry James |
Land | ![]() |
Taal | Engels |
Genre |
|
Uitgewer | The Macmillan Company (New York Stad) William Heinemann (Londen) |
Uitgegee | Oktober 1898 |
In die eeu wat gevolg het op die publikasie daarvan, het The Turn of the Screw 'n hoeksteen teks vir akademici geword, wat die Nuwe Kritiek beweging aanhang. Die novelle is al op talle maniere geïnterpreteer, welke dikwels wederkerig uitsluitend was. Baie kritici het probeer om die presiese aard van die boosheid vas te stel wat deur die verhaal gesuggereer word. Andere het egter weer geargumenteer dat die briljantheid van die novelle, die gevolg van die werk se vermoë is om 'n intieme gevoel, of atmosfeer, van verwarring en spanning binne die leser te skep.
Die novelle is al by verskeie geleenthede aangepas vir radiodrama, rolprent, verhoogproduksies en televisie, insluitende 'n 1950 Broadway toneelstuk, en die 1961 rolprent The Innocents.