![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/77/Thai_Airways_Airbus_A300B4-622R_HKT_Prasertwit.jpg/640px-Thai_Airways_Airbus_A300B4-622R_HKT_Prasertwit.jpg&w=640&q=50)
Thai Airways
Thailandse vlagdraer lugredery / From Wikipedia, the free encyclopedia
Thai Airways (Thai: บริษัท การบินไทย จำกัด (มหาชน)) (IATA: TG, ICAO: THA) is die vlagdraerlugredery van Thailand. Die lugredery is in 1988 gestig en sy hoofkwartier is in Vibhavadi Rangsitweg, Chatuchakdistrik, Bangkok. Dit bedryf hoofsaaklik vlugte uit Suvarnabhumi Lughawe. THAI is 'n stigterslid van die Star Alliance. Die lugredery is die grootste aandeelhouer van die laekosteredery Nok Air met 'n 49%-belang, en begin met 'n plaaslike draer onder die naam Thai Smile in die middel van 2012 met behulp van nuwe Airbus A320 vliegtuie.
| |||||||
Gestig | 1 Mei 1960 (smelt saam met Thai Airways Company op 1 April 1988) | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Hoofspille | Suvarnabhumi Internasionale Lughawe | ||||||
Fokusstede | Chiang Mai Internasionale Lughawe Incheon Internasionale Lughawe (Seoel) Phuket Internasionale Lughawe | ||||||
Lojaliteitsprogram | Royal Orchid Plus | ||||||
Alliansie | Star Alliance | ||||||
Subsidiêre | Thai Smile (100%) | ||||||
Vlootgrootte | 46 | ||||||
Bestemmings | 40 | ||||||
Houermaatskappy | Thaise Minister van Finansies | ||||||
Sitkamer | Royal First Lounge Royal Orchid Spa Royal Silk Lounge Royal Orchid Lounge | ||||||
Hoofkantoor | 89 Thanon Vibhavadi Rangsit, Jom Phol Subdistrik, Khet Chatuchak, Bangkok, Thailand | ||||||
Sleutelpersone | Prajin Juntong (voorsitter) Sivakiat Chayema (waarnemende hoof uitvoerende beampte) | ||||||
Omset | ![]() | ||||||
Netto inkomste | ![]() | ||||||
Totale bates | ![]() | ||||||
Werknemers | 14 400 (2022)[2] | ||||||
Webwerf | www.thaiairways.com |
Van sy middelpunt by Suvarnabhumi Lughawe, vlieg THAI na 40 internasionale bestemmings met 'n vloot van 46 vliegtuie. Die lugredery was eens die operateur van twee van die wêreld se langste ononderbroke roetes tussen Bangkok en Los Angeles en New York Stad, maar as gevolg van hoë brandstofpryse, die onttrekking van vliegtuie, bagasiebeperkings en stygende kaartjiepryse, het die lugredery alle ononderbroke Amerikaanse vlugte in 2012 onbepaald gestaak. Sedert 2013 word dienste tussen Bangkok en Los Angeles gediens via die Incheon Internasionale Lughawe naby Seoel. THAI se roetenetwerk word oorheers deur vlugte na Europa, Oos-Asië, en Suid/Suidwes-Asië, maar die lugredery besoek ook O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg, Suid-Afrika en vyf stede in Oseanië. THAI was die eerste Asië-Stille Oseaan lugredery om die Londen-Heathrow Lughawe te bedien. Onder Asië-Stille Oseaan karweiers, het THAI een van die grootste passasiersbedrywighede in Europa.
- 'n Thai Airbus A300 styg op van Phuket Lughawe (2008).
- 'n Airbus A340-600 in die huidige kleure, stryk neer op Auckland-lughawe.
- 'n Airbus A380 van THAI op Lughawe Frankfurt in 2013.