Terschelling
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Terschelling (Wes-Fries: Skylge) is 'n munisipaliteit en 'n eiland in die Noordelike Nederland en een van die Wes-Friese Eilande. Dit is geleë tussen die eilande van Vlieland en Ameland. Terschelling behoort aan die provinsie Friesland. Tot 1942 het die munisipaliteit aan die provinsie Noord-Holland behoort.
Terschelling Schylge Skylge | |
---|---|
Munisipaliteit | |
Die hawe van Terschelling | |
Ligging van Terschelling in Friesland-provinsie | |
Kaart van Terschelling-munisipaliteit | |
Koördinate: 53°24′N 5°20′O | |
Land | Nederland |
Provinsie | Friesland |
Regering | |
• Burgemeester | Caroline van de Pol (VVD) |
Oppervlak | |
• Totaal | 673,99 km2 (260,23 vk. myl) |
• Land | 85,26 km2 (32,92 vk. myl) |
• Water | 588,73 km2 (227,31 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 4 964 |
• Digtheid | 58/km2 (150/vk. myl) |
1 Januarie 2022 | |
Tydsone | UTC+1 (IST) |
• Somertyd | UTC+2 (IDT) |
Poskode | 8881–8897 |
Skakelkodes | 0562 |
Bestuurlike sentrum | West-Terschelling |
Webwerf | www.terschelling.nl |
In die noorde grens Terschelling aan die Noordsee en in die suide aan die Waddesee. Suidwes lê die eiland Vlieland en oos die eiland Ameland. Terschelling het 'n strand van 30 km en meer as 70 km se fietspaaie.
Die eiland se hoogste punt is 31 m hoog.
Wadden Eilanders is bekend vir hulle vindingrykheid om enige iets wat aan wal spoel te gebruik. Omdat daar min bome is om te gebruik vir boumateriaal word meeste van die plaas en skure gemaak van maste van uitgespoelde skepe. Die eiland is omkring met skeepswrakke, en selfs vandag nog word heelwat houers wat van Noordsee houerskepe afval, aan wal gespoel.
Soos op die meeste ander Wadde-eilande is toerisme 'n baie belangrike bron van inkomste. Daar is wel landbou aktiwiteite maar meeste van die eiland is 'n natuurreservaat.
In die spitsseisoen is daar meer as drie keer soveel toeriste as in die winter. Elke jaar in Junie word die Oerolfees op die eiland gehou. Daar is ook 'n seevaartskool wat na Willem Barentz genoem is.
Terschelling kan per pontboot bereik word vanaf die vasteland drop Harlingen asook van Vlieland met hoë spoed katamaran.
Dorpies:
|
|
Gehuggies:
|
|
Strandplekke:
Ameland | ||
Vlieland | Harlingen | Waadhoeke |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.