Terracottaleër
Versameling antieke Sjinese militêre standbeelde / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Terracottaleër (vereenvoudigde Chinees: 兵馬俑, tradisionele Chinees: 兵马俑, "Soldaat-en-perd-begrafnisbeelde") is ’n versameling beelde van terracotta wat die leër van Qin Shi Huang, die eerste keiser van China, uitbeeld. Dit is ’n vorm van begrafniskuns wat in 210 tot 209 v.C. saam met die keiser begrawe is om hom in die hiernamaals te beskerm.
Terracottaleër | ||
’n Deel van die leër. | ||
Name (taalvariante) | ||
Tradisionele Chinees | 兵馬俑 | |
Vereenvoudigde Chinees | 兵马俑 | |
Pinyin | Bīngmǎyǒng |
Mausoleum van die Eerste Qin-keiser* | |
---|---|
Unesco-wêrelderfenisterrein | |
Posisie van die Mausoleum van die Eerste Qin-keiser in China | |
Koördinate: 35°36′N 108°24′O | |
Lande | Volksrepubliek China |
Tipe | Kultureel |
Kriteria | i, iii, iv, vi |
Verwysings | 441 |
Streek† | Shaanxi |
Inskripsiegeskiedenis | |
Inskripsie | 1987 (11de Sessie) |
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. |
Die figure is in 1974 deur plaaslike boere in Xi'an, in die provinsie Shaanxi, ontdek. Hulle wissel in hoogte volgens hul rol – die hoogstes is die generaals. Die figure sluit soldate, strydwaens en perde in. Volgens ramings in 2007 bevat die drie putte met die Terracottaleër meer as 8 000 soldate, 130 strydwaens en 670 perde. Die meeste is nog in die Qin Shi Huang-mausoleum begrawe.[1] Ander, niemilitêre beelde is in ander putte ontdek; dit sluit hofamptenare, akrobate, atlete en musikante in.