From Wikipedia, the free encyclopedia
Talcott Parsons (Colorado Springs – Colorado), 13 Desember 1902 – München, 8 Mei 1979) was 'n Amerikaanse sosioloog.
Talcott Parsons | |
Gebore | Colorado Springs, Colorado | 13 Desember 1902
---|---|
Oorlede | 8 Mei 1979 (op 76) München, Wes-Duitsland |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Vakgebied | Sosiologie |
Instelling(s) | Harvard-universiteit |
Alma mater | Amherst College, London School of Economics, Universiteit van Heidelberg |
Ander bekende student(e) | Robert Merton |
Beïnvloed deur | Émile Durkheim, Max Weber |
Parsons was deel van 'n protestantse gesin. Sy vader was predikant. As 'n voorgraadse student studeer hy biologie, sosiologie en filosofie aan die Amherst Kollege en behaal sy B.A.-graad in 1924. Hy studeer onder andere ook as gevolg van 'n studenteuitruilskema in Europa. Tydens hierdie tydperk word hy veral beïnvloed deur die werke van Émile Durkheim, Vilfredo Pareto, Max Weber en Alfred Marshall. In 1927 keer hy terug na die VSA en word hy dosent aan die universiteit van Harvard. Eers in ekonomie, maar in 1931 word hy ook benoem as hoogleraar in sosiologie. In 1942 word hy voorsitter van die American Sociological Association.
Hy is veral bekend vir sy 1951-werk The Social System. Daarin argumenteer hy dat die essensiële eienskap van die samelewing, beskou vanaf 'n biologiese gesigspunt, homeostase is (handhawing van 'n stabiele staat). Voorts stel hy dat dele van die samelewing hulself slegs in terme van die geheel kan begryp. Saam met Niklas Luhmann word Parsons gereken as die grondleggers van die sosiale stelselteorie.
Parsons skryf die werk The Structure of Social Action in 1937 en dit omvat 'n oorsig van al die verskillende sosiologiese teorieë tot op daardie stadium. Die doel van die werk is om uit te kom by 'n oorhoofse teorie (Grand Theory). Hy lê hier dan ook die grondslag vir sy optredesisteem wat hy later meer volledig sou uitwerk. Parsons ontwerp 'n viervoudige klassifikasie-stelsel (AGIL), wat staan vir Adaption, Goal Attainment, Integration en Latency. Die stelsel was bedoel om die sosiale realiteit te kan organiseer en verklaar. Hy keer hierna terug in verskeie van sy werke.
Parsons fokus ook op die bestudering van sosiale evolusie in die samelewing en stel 'n paradigma van evolusionêre verandering voor. Volgens hom bestaan die samelewing uit verskillende sub-stelsels, waarvan daar voortdurend nog steeds nuwes bygevoeg word deur die evolusie van die samelewing. Hierdie nuwe sub-stelsels sorg vir 'n steeds groter wordende verskeidenheid in die samelewing. Hierdie verskeiedenheid sorg daarvoor dat die mens homself/haarself nie kan veroorloof om vaardighede verlore te laat gaan nie, wat daarvoor sorg dat groepe wat voorheen uitgesluit word uit die samelewing, die kans kry om daarrin opgeneem te word. Hiervoor is dit nodig dat die mens die waardestelsels voortdurend moet aanpas.
Burgerskap moet 'n vrywillige keuse wees volgens Parsons. Hy ondersoek waarom swartes in die VSA uitgesluit word van volwaardige burgerskap. Dit doen hy deur 'n studie te maak van ander groepe, soos die Jode en die katolieke Iere. Hierdie groepe voldoen immers ook nie aan die ideaalbeeld van die VSA nie, maar word tog as volwaardige burgers beskou. Die Jode was opgeneem weens hul sukses op ekonomiese vlak. Die Iere omdat hulle net soos die protestante anti-kommunisties was, wat vir toenadering tussen beide groepe gesorg het. Die probleem was egter dat die swartes as slawe ingebring is in die VSA, en dus nie vrywillig gearriveer nie, dit sorg vir 'n onderskeid met die ander. Hulle word as minderwaardig beskou en die blanke vrees dat die nasie in status sou daal as die swartes volwaardige burgerregte bekom. Die oplossing is volgens Parsons dat die swartes hulself moet opwerk deur skoling en hulself op hierdie manier van die “stigma” te bevry.
Parsons was die leermeester van 'n aantal invloedryke sosioloë, waaronder Robert Bellah en Clifford Geertz. Hoewel hy gedurende die middel van die twintigste eeu 'n invloedryke wetenskaplike was, is sy invloed tans minder merkbaar. Redes daarvoor is dat Parsons en andere funksionaliste weinig aandag verleen het aan konflikterende belange in 'n samelewing en ook dat daar in die sosiologie 'n groot weersin heers ten opsigte van teorieë wat voorgee dat alle sosiale fenomene verklaar kan word.
Parsons het talle boeke en artikels geskryf, waaronder:
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.