Swartbergpas
Pas na Oudtshoorn / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Swartbergpas is 'n bergpas in die Swartberge. Dit word algemeen beskou as die laaste meesterstuk van die padingenieur Thomas Bain en is teen die einde van die 19de eeu deur gevangenes gebou. Die pas vorm deel van die Swartberg Natuurreservaat, strek tussen die dorpe Oudtshoorn en Prins Albert, en word bestuur vir sy ekologiese, argeologiese en kultuur-historiese belang. Die pas is in 1988 as Nasionale Monument verklaar tydens die eeufees van sy bestaan.
Kitsfeite Koördinate: 33°21′8″S 22°2′45″O, Ligging ...
Swartbergpas | |
Die Swartbergpas | |
Koördinate: 33°21′8″S 22°2′45″O | |
---|---|
Ligging | Oudtshoorn en Prins Albert |
Maksimumhelling | 1:7 |
Hoogte | 1 583 m |
Lengte | 27 km |
Oppervlak | Grond |
Ingenieur | Thomas Bain |
Begin in | 1881 |
Voltooi in | 1888 |
In | Swartberg |
Pad | R328 |
Sluit