![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/6/6a/Parked_Supermarine_Attacker.jpg/640px-Parked_Supermarine_Attacker.jpg&w=640&q=50)
Supermarine Attacker
Britse vegvliegtuig op vliegdekskepe / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Supermarine Attacker is 'n Britse vegvliegtuig wat ontwerp is sodat die Britse Lugmag so gou as moontlik nog 'n vegvliegtuig in diens kon kry. Hulle het eenvoudig 'n Rolls-Royce Nene-motor met die vlerke en onderstel van die suiermotor aangedrewe Supermarine Spiteful gekombineer. Die gevolg was 'n straalvliegtuig met 'n stertwiel konfigurasie. Die prototipe het sy nooiensvlug op 27 Julie 1946 voltooi; hulle is egter eers in Augustus 1951 in diens gestel en dan wel met die Britse Vloot. Teen daardie tyd het die Britse Lugmag die vliegtuig nie meer geskik gevind vir hulle behoeftes nie.
Supermarine Attacker | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Supermarine Aviation Works |
Nooiensvlug | 27 Julie 1946 |
Vrygestel | Augustus 1951 |
Hoofgebruikers | Britse Vloot Pakistani Lugmag |
Aantal gebou | 182 + 3 prototipes |
Die stertwiel konfigurasie het landing op die dek van 'n vliegdekskip bemoeilik, maar omrede dit die eerste operasionele straalvliegtuig vir die Vloot was, is daarmee volhard. Hulle is onttrek uit die voorste linies in 1954. 'n Klompie was ook verskaf aan die Pakistani Lugmag waar hulle as land gebaseerde vliegtuie gebruik is.