Suid-Afrikaanse heraldiek
From Wikipedia, the free encyclopedia
Heraldiek floreer in Suid-Afrika vir meer as 350 jaar. Wapens word deur individuë, amptelike instansies, plaaslike owerhede, militêre eenhede, en 'n verskeidenheid organisasies gevoer. Sedert 1963 beskik Suid-Afrika oor sy eie heraldiese owerheid, wat hoë standaarde van heraldiese praktyk bevorder en wapens registreer om regsbeskerming aan hulle te verleen.