Suid-Afrikaanse akademiese heraldiek
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die term akademiese heraldiek verwys na die wapens wat deur universiteite, kolleges, skole, en ander opvoedkundige instellings gevoer word. In Wes-Europa floreer hierdie tradisie sedert die Middeleeue. In Suid-Afrika word akademiese wapens slegs sedert die 19de eeu gebruik, maar dit het 'n sterk tradisie geword en daar bestaan nou honderde, miskien duisende, wapens van hierdie aard in die land.