From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Streepkol-bokvis (Parupeneus barberinus) is 'n vis wat in die Indiese-Pasifiese area voorkom, en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Mosselbaai alhoewel hulle maar min suid van KwaZulu-Natal gesien word. In Engels staan die vis bekend as die Dash-dot goatfish.
Streepkol-bokvis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Parupeneus |
Spesie: | P. barberinus |
Binomiale naam | |
Parupeneus barberinus (Lacépède, 1801) | |
Die vis het 'n swart streep van voor die snoet, verby die oog en al langs die sylyn tot verby die dorsale vin se basis. Daar is 'n swart vlek op die sylyn by die stertvin se basis. Die anale en bekkenvinne is gelerig en die ander vinne is meer witkleurig. In die nag lyk die vis bleekwit. Die vis word tot 53 cm groot.
Die vis leef in seegrasbeddings of op sanderige bodems of koraalreste. Hulle kom in pare voor en is daglewend en vreet hoofsaaklik skaaldiere.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.