Sterre met planete
Wikimedia lysartikel / From Wikipedia, the free encyclopedia
Daar is minstens 678 bekende sterre met planete in die heelal. Die meeste is van spektraaltipe F, G en K, want sterrekundiges vind die meeste planete om sterre wat met die Son ooreenstem. Ander is reusesterre wat al die waterstof in hul kern opgebruik het. Planete om reusesterre gee ’n aanduiding van hoe planetêre stelsels ontwikkel en hoe die planete se eienskappe verander met die evolusie van die sterre.
Daar is 549 sterre met een bevestigde planeet, en net 129 (sowat 17%) met meer as een. Die ster met die meeste bevestigde planete is HD 10180 met sewe; dit het ook twee onbevestigde planete. Die grootste ster is Epsilon Tauri (2,723 M☉) en die kleinste 2M J044144 (0,021 M☉). Die een met die meeste metale is 1RXS 1609 (0,616 dex, 4,13 × Son) en die een met die minste is HIP 13044 (−2,086, 0,0082 × Son). Die naaste ster met ’n planeet is Alpha Centauri B (4,36 ligjare) en die verste een MOA-2008-BLG-310L (23 807 ligjare).
Die lys van sommige sterre hier onder is gesorteer volgens regte klimming. Die sterre se twee belangrikste eienskappe is massa en metaalinhoud, want dit bepaal hoe die planetêre stelsels vorm. Sterre met ’n groter massa en metaalinhoud het gewoonlik meer en groter planete.