Steers
From Wikipedia, the free encyclopedia
Steers is 'n kitskosrestaurantkonsessie wat sy oorsprong in Suid-Afrika het. Dit verkoop hoofsaaklik vlamgebraaide biefburgers, hoenderburgers en braairibbetjies saam met gaskoeldranke, slaptjips en ander kossoorte.
Steers | |
Tipe | Konsessie |
---|---|
Gestig | 1960's |
Hoofkantoor | Midrand, Gauteng, Suid-Afrika |
Liggings | 525 |
Gebied bedien | Afrika |
Industrie | Voedsel en drank |
Produkte | Kitskos |
Moedermaatskappy | Famous Brands Ltd |
Webwerf | steers.co.za |
Steers het in die 1960's tot stand gekom, nadat die stigter van die maatskappy, George Halamandaris, die Verenigde State besoek en die besluit geneem het om die kitskos-idee na Suid-Afrika te bring. Die eerste Steers-restourant het sy deure in Jeppe, Johannesburg, in 1970 geopen. Die saak het uitgebrei, gepaardgaande met deurry(drive-thru)-restaurante wat in 1997 bekend gestel is, sowel 'n afleweringsdiens vanaf 2008. Steers is nou dwarsoor Suid-Afrika versprei, sowel as in sewentien ander lande in Afrika en Europa.
Die Steers Holdings Group is in 1994 op die JSE Sekuriteitebeurs genoteer, met aandele wat 165c bereik het. Vanaf 2006 is hierdie aandele 400c werd. Die aandelemaatskappy is later na Famous Brands hernoem, wat ander kettingrestaurante soos Wimpy, Debonairs Pizza, FishAways, House of Coffees, Brazilian, Market Café, Whistle Stop en Tashas insluit. Vanaf 1985 word Steers se kleinhandelprodukte, soos hul souse, in Suid-Afrikaanse supermarkte verkoop.