Die Spookpypvis (Solenostomus cyanopterus) is 'n vis wat wydverspreid voorkom in die westelike Stille Oseaan, die Indiese Oseaan en meer spesifiek die Rooisee en aan die kus van Afrika suidwaarts tot by die Oos-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die Ghost pipefish. Die vis is seldsaam in Suid-Afrikaanse waters.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Spookpypvis
Thumb
Solenostomus cyanopterus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Solenostomus
Spesie:
S. cyanopterus
Binomiale naam
Solenostomus cyanopterus
Bleeker, 1854
Sluit

Identifikasie

Die vis word tot 16 cm lank en sy kleur wissel van liggroen tot donkerbruin. Soms kan daar verspreide swart of wit kolle op die lyf wees. Dit leef in rotsagtige kusareas en aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat tot 30 m diep is. Hulle word soms ook in die sand langs die rif gesien.

Die visse leef in pare saam. Hulle maak drywende seegras na as 'n skuiltegniek en dryf soms kop onderstebo oor die riwwe opsoek na ongewerweldes.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakel

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.