From Wikipedia, the free encyclopedia
Sluiterprioriteit, dikwels afgekort as S of Tv (vir time value) in fotografie is 'n stelling by sommige kameras wat die fotograaf in staat stel om 'n spesifieke sluiterspoed te kies terwyl die kamera die lensopening sal kies om die regte beligting te verseker. Dit verskil van die handmodus, waar die gebruiker albei waardes self kies, lensopeningprioriteit, waar die gebruiker 'n lensopening kies en die kamera die regte sluiterspoed, of die programmodus, waar die kamera albei waardes kies.
'n Stadiger sluiterspoed word dikwels verkies om die indruk van beweging te skep. As 'n waterval met 'n stadige sluiterspoed afgeneem word, sal dit wasig lyk. By sport- of aksiefotografie kan 'n vinnige sluiterspoed weer die aksie "vries".
Op die modusskyf van kameras word dit soms afgekort as "S" (deur Nikon, Minolta, Konica Minolta, Sony, Olympus en Sigma) of "Tv" (deur Canon, Pentax en Leica).
Fotografie |
---|
Beeldsensor • Beligting • Daguerreotipe • Digitale kamera • Donkerkamer • EF-lenspassing • Enkellensreflekskamera • F-nommer • Film • Filmspoed • Fokus • Fokusafstand • Intreepupil • Kamera • Lensopening • Lensopeningprioriteit • Pentaprisma • Professionele videokamera • Reël van derdes • RGB-kleurmodel • Sluiterprioriteit • Sluiterspoed • Telefotolens • Veelvoudige beligting • Velddiepte • Wyehoeklens Geomerking • Groepering • Holografie • Natuurfotografie • Selfie • Snelreeksfotografie • Wildfotografie 35 mm ekwivalente fokuslengte • CMYK-kleurmodel • Kleurtemperatuur • Rooi-oogeffek • Swart-en-wit • Zoemlens |
Wysig hierdie sjabloon |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.