Sluis (munisipaliteit)
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Sluis (Seeus en Wes-Vlaams: Sluus) is 'n Nederlandse stad en munisipaliteit in die suidweste van die provinsie Zeeland, in die streek van Zeeuws-Vlaandere. Die munisipale gebied grens in die suide aan die Belgiese provinsie Oos-Vlaandere, in die weste aan die Belgiese provinsie Wes-Vlaandere, in die noordweste aan die Noordsee, in die noorde aan die Westerschelde en in die ooste aan die munisipaliteit Terneuzen. Die munisipale gebied het sowat 24 000 inwoners (2012) en 'n oppervlakte van 307 km². Oostburg is die administratiewe setel van die munisipaliteit.
Sluis | |
---|---|
Munisipaliteit | |
Die stad Sluis met die kloktoring | |
Ligging van Sluis-munisipaliteit in Zeeland | |
Koördinate: 51°20′00″N 3°30′00″O | |
Land | Nederland |
Provinsie | Zeeland |
Regering | |
• Burgemeester | Marga Vermue-Vermue (CDA) |
Oppervlak | |
• Totaal | 307,01 km2 (118,54 vk. myl) |
• Land | 280,20 km2 (108,19 vk. myl) |
• Water | 26,81 km2 (10,35 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 23 880 |
• Digtheid | 85/km2 (220/vk. myl) |
Poskode | 4500-4519, 4524-4529 |
Skakelkodes | 0117 |
Webwerf | www.gemeentesluis.nl |
In die munisipaliteit word Seeus-Vlaams gepraat, 'n variant van die Wes-Vlaamse dialek.
Plekke in die munisipale gebied van Sluis:
Aardenburg, Akkerput, Bakkersdam, Balhofstede, Biezen, Boerenhol, Breskens, Cadzand, Cadzand-Bad, De Munte, Draaibrug, Eede, Groede, Heille, Het Eiland, Hoofdplaat, Hoogeweg, Kapitalendam, Klein-Brabant, Koninginnehaven, Kruisdijk, Kruishoofd, Maaidijk, Marollenput, Moershoofde, Mollekot, Nieuwesluis, Nieuwland, Nieuwvliet, Nieuwvliet-Bad, Nummer Eén, Oostburg, Oostburgsche Brug, Oudeland, Plakkebord, Ponte, Ponte-Avancé, Pyramide, Retranchement, Ronduit, Roodenhoek, Sasput, Scherpbier, Schoondijke, Sint Anna ter Muiden, Sint Kruis, Slijkplaat, Slikkenburg, Sluis (stad), Smedekensbrugge, Steenhoven, Stroopuit, Terhofstede, Tragel, Turkeye, Valeiskreek, Veldzicht, Vuilpan, Waterlandkerkje, IJzendijke en Zuidzande.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Sluis (munisipaliteit). |
Sien sluis in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.