From Wikipedia, the free encyclopedia
Skattejag word deur 'n groepie kinders gespeel. Hoe meer siele hoe meer vreugde. Dit leer kinders om in 'n span saam te werk, te luister na leidrade en om leidrade te ontsyfer. Leidrade vir kleuters sal makliker wees as vir skoolgaande kinders. Dit kan 'n prentjie wees waarmee die wegsteekplek geassosieer kan word. Die persoon wat die leidrade skryf, kan rympies maak oor die wegsteekplek of die wegsteekplek vaagweg beskryf. Gee ses leidrade indien daar ses kinders is of indien daar te veel kinders vir beskikbare wegsteekplekke is, kan minder leidrade gegee word, solank daar net vir elke kind 'n skat is. Skryf 'n naam op elke leidraad.
Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word. Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word. |
'n Volwassene verduidelik die reëls van die spel vooraf. Dit is spanwerk. Elke kind kry 'n beurt om 'n leidraad te lees. Almal luister en bespreek dan moontlikhede van wegsteekplekke. Almal soek dan saam na die volgende leidraad of skat. Die skatte mag eers oopgemaak of geëet word nadat die groep kinders vir die gasvrou/heer, ouers ensovoorts, gesing het: Ons sê baie, baie dankie, ons sê baie, baie dankie... vir 'n lekker dag!
Dit kan op twee maniere gespeel word.
Skryf die leidrade op 'n papier wat in 'n rolletjie gerol word. Hier kan u eie verbeelding gebruik. Leidraad no.1 word aan die groep oorhandig deur 'n volwassene. Leidraad no.1 lei na leidraad no. 2, ensovoorts. Leidraad no.2 word weggesteek op die plek wat deur leidraad no.1 beskryf word, ensovoorts. Die laaste leidraad lei na die skat. Almal se geskenkies word op een plek weggesteek.
Skryf die leidrade op 'n papier wat in 'n rolletjie gerol word. Hier kan u eie verbeelding gebruik. Leidraad no.1 word aan die groep oorhandig deur 'n volwassene. Leidraad no.1 lei na leidraad no. 2, ensovoorts. Leidraad no.2 word weggesteek op die plek wat deur leidraad no.1 beskryf word, ensovoorts. By die variasie op die speletjie, word daar een van die kinders se geskenkie saam met leidraad no. 2 weggesteek, ensovoorts. Almal moet help soek totdat elke kind se skat gevind is.
Lapa of kuiervertrek
Pophuis
Glyplank
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.