Skálholt
From Wikipedia, the free encyclopedia
Skálholt is 'n klein dorpie in die munisipaliteit Bláskógabyggð van die Suid-Yslandse administratiewe gewes Suðurland. Die dorp maak deel uit van die sogenaamde Goue Ring, 'n gewilde toeristeroete. Skálholt lê in die Laer Biskupstungurvallei tussen die riviere Hvítá en Brúará en bestaan tans slegs uit 'n groot kerkgebou en enkele huise. Die dorpie is nogtans een van die belangrikste historiese plekke in Ysland, en die gebeure wat hier oor 'n tydperk van sewe eeue afgespeel het, het 'n groot invloed op die politieke, geestelike en kulturele lewe in Ysland uitgeoefen.
Kitsfeite Land, Region ...
Skálholt | |
---|---|
Dorp | |
Koördinate: 64°07′00″N 20°32′00″W | |
Land | Ysland |
Region | Suðurland |
Munisipaliteit | Bláskógabyggð |
Stigting | 1056 |
Bevolking | |
• Totaal | 160 |
Tydsone | UTC±00:00 (GMT) |
Webwerf | skalholt.is |
Sluit