![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/50/Saint_Basil%2527s_Cathedral%252C_Red_Square%252C_Moscow%252C_Russia.jpg/640px-Saint_Basil%2527s_Cathedral%252C_Red_Square%252C_Moscow%252C_Russia.jpg&w=640&q=50)
Sint Basilius-katedraal
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Sint Basilius-katedraal (Russies: Собор Василия Блаженного; letterlik die Katedraal van Basilius die Salige) is aan Rooiplein in Moskou geleë en is een van die groot toeriste-trekpleisters in dié stad. Die amptelike naam is die Katedraal van die Voorbidding van Gods Moeder aan die Grag (Собор Покрова, что на Рву) of kortliks die Pokrof-katedraal (Покровский Собор).
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/5/50/Saint_Basil%27s_Cathedral%2C_Red_Square%2C_Moscow%2C_Russia.jpg/640px-Saint_Basil%27s_Cathedral%2C_Red_Square%2C_Moscow%2C_Russia.jpg)
Dit is waarskynlik die bekendste gebou in Rusland en is ’n internasionale simbool van die land en van Moskou.