![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d1/Simon_Carmiggelt_%25281973%2529.jpg/640px-Simon_Carmiggelt_%25281973%2529.jpg&w=640&q=50)
Simon Carmiggelt
From Wikipedia, the free encyclopedia
Simon Johannes Carmiggelt (7 Oktober 1913, Den Haag – 30 November 1987, Amsterdam) was 'n Nederlandse joernalis, skrywer en digter. Onder die skuilnaam Kronkel publiseer hy byna veertig jaar 'n daaglikse rubriekstuk in die dagblad Het Parool waarvan hy jaarliks 'n keur bundel en vir die televisie voordra, wat hom baie gewild gemaak het. Hy het kabaretstukke vir onder meer Wim Kan en Wim Sonneveld geskryf. In 1961 is die Constantijn Huygens-prys aan hom toegeken en in 1977 die P.C. Hooft-prys vir die jaar 1974.