lid van 'n oerras van reuse in die Griekse mitologie en later Romeinse mitologie From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Sikloop of eenoog (Grieks: κύκλωψ; "ronde-oog" van κύκλος, "sirkel", en ὤψ, "oog") is ’n figuur uit die Griekse mitologie. Siklope is woeste reuse met net een oog. Hulle woon saam op die helling van die berg Etna op Sisilië, ver weg van die beskaafde wêreld. Hulle leef van landbou en veeteelt en het baie skape. Volgens Homeros eet hulle ook kinders.
Die eerste siklope, Steropes, Brontes en Arges, was die kinders van Gaia en Uranus. Hulle was die assistente van die god van die grofsmede, Hefaistos. Hulle het vir Zeus sy weerligstraal, vir Poseidon sy drietandvurk en vir Hades sy onsigbaarheidshelm gemaak.
In die Odussee van Homeros kom Odusseus in een van sy omswerwinge op ’n eiland van die siklope uit. Hy word saam met twaalf van sy manne gevange geneem en in die grot van die sikloop Polifemos, ’n seun van Poseidon, aangehou. Polifemos eet elke dag twee van Odusseus se manne op. Nadat hulle hom een aand dronk gemaak en sy oog uitgesteek het, vlug Odusseus en die res van sy manne eindelik.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.