Sensuurwet (Wet op Publikasies en Vermaaklikhede van 1963 en 1974)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die sensuurwet onder Apartheid verwys na die Wet op Publikasies en Vermaaklikhede wat sedert 1963 deur die parlement aanvaar is om binnelandse publikasies aan sensuur te onderwerp. Die bepaling van hierdie wet kon 'n publikasie ongewens verklaar indien die werk, of deel daarvan, onbetaamlik, onwelvoeglik, aanstootlik of skadelik vir die openbare sedes en/of godslasterlik sou wees en dit enige bevolkingsdeel van die Republiek van Suid-Afrika belaglik of veragtelik sou maak.
Onderstaande wetsinterpretasie kan verouderd of onvolledig wees. Geliewe 'n regskenner te raadpleeg. |