Seleukië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Seleukië (Grieks: Σελεύκεια), ook bekend as Seleukië aan die Tigris, was 'n groot Mesopotamiese stad van die Seleukidiese, Partiese en Sassanidiese Ryk. Dit was aan die westeroewer van die Tigrisrivier geleë oorkant Ktesifon, in die hedendaagse Irak.
Kitsfeite
Seleukië | ||
Seleukië in die 4de eeu op 'n ou kaart. | ||
Plaaslike naam | ܣܠܝܩ Σελεύκεια (antieke Grieks) | |
Land | Irak | |
Soort | Stad | |
Streek | Mesopotamië | |
Geskiedenis | ||
Bouer | Seleukos I Nikator | |
Gestig | c. 305 v.C. | |
Tydperk | Hellenistiese tot Romeinse Ryk | |
Kulture | Grieks, Parties, Sassanidies | |
Uitgrawings | 1927-1932, 1936-1937, 1964-1968, 1985-1989 |
Sluit
Die stad is genoem na Seleukos I Nikator, wat 'n vroeëre nedersetting vergroot en dit omstreeks 305 v.C. die hoofstad van sy ryk gemaak het. Dit was die grootste en belangrikste stad met dié naam en word soms Seleukië aan die Tigris genoem.
Dit was ook onder verskeie ander name bekend, soos Salīq (Siries: ܣܠܝܩ)[1], Māḥôzē (ܡܚܘܙ̈ܐ), Veh-Ardashir (Arabies: ویهاردشیر) of Bahurasīr.