Seester
From Wikipedia, the free encyclopedia
Seesterre (Asteroidea) is 'n klas ongewerweldes wat hoort tot die filum Echinodermata of stekelhuidiges. Hulle kom slegs in die mariene omgewing voor; van vlak tot diep water. Aan die onderkant is 'n ronde skyf waarin die bek voorkom en daar is gewoonlik arms wat in groepe van vyf van die skyf uitgroei. Party spesies kan tot 40 arms hê. Sommige spesies lyk meer soos 'n pentagoon en die arms is nie duidelik nie. Onderaan elke arm is strekbare buise wat buispote genoem word. By baie eindig die buispote in klein suiertjies.
Kitsfeite Seester Tydperk: Ordovisium tot Onlangs, Wetenskaplike klassifikasie ...
Seester Tydperk: Ordovisium tot Onlangs | |
---|---|
Fromia monilis | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | Asterozoa |
Klas: | Asteroidea De Blainville, 1830 |
Onderverdeling en ordes | |
† Calliasterellidae |
Sluit
Die diertjie het nie 'n brein nie maar selle in die vel neem die omgewing waar en stuur seine deur 'n netwerk van senuwees wat tot 'n reaksie lei van die seester.