From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Scottish Horse-gedenkteken is ’n monument in Kensington, Johannesburg. Dit is opgerig op ’n koppie, Caledoniaheuwel, wat begrens word deur Somersetweg in die noorde, Katoombastraat in die ooste, Highlandweg in die suide en Good Hopestraat in die weste.
Die gedenkteken is ontwerp deur William Tait-Conner en onthul op 19 Mei 1904. Dit bestaan uit ’n Keltiese kruis met reliëfwerk op ’n voetstuk wat in graniet uitgevoer is. Die gedenkteken kan met trappies uit Highlandweg bereik word en is ’n gewilde uitkykpunt oor die omliggende voorstede en verder tot by die toringblokke van Hillbrow en die middestad.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.