From Wikipedia, the free encyclopedia
Scarborough ([ˈskɑrbrə] of [ˈskɑrbərə]) is 'n nedersetting en Noordseehawe in Noord-Yorkshire, Engeland. Scarborough, wat histories deel uitgemaak het van die North Riding of Yorkshire, is tussen 10 en 230 voet (3–70 m) bo seevlak geleë, met steil hellings noord en wes van die hawe wat tot kalksteenkranse strek. Die dorp se ou kern het rondom die hawe gegroei en word deur 'n rotsige landpunt beskerm.
Scarborough | |
---|---|
Dorp | |
Scarborough, met die Grand Hotel aan die foto se linkerkant | |
Koördinate: 54°16′57″N 0°24′26″W | |
Land | Verenigde Koninkryk |
Land | Engeland |
Graafskap | Noord-Yorkshire |
Distrik | Scarborough |
Bevolking | |
• Totaal | 61 749 |
Tydsone | UTC+00:00 (MGT) |
• Somertyd | UTC+01:00 (BST) |
Poskode | YO11-YO13 |
Skakelkodes | 01723 |
Met 'n bevolking van sowat 61 000 is Scarborough die grootste vakansieoord langs Yorkshire se kus.