rivier in Mosambiek en Zimbabwe From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Saverivier (ook Sabirivier) is 'n rivier wat deur Zimbabwe en Mosambiek vloei.
Saverivier | |
---|---|
Die Saverivier in Mosambiek | |
Die stroomgebied van die Saverivier (in rooi). | |
Oorsprong | suid van Harare, Masjonaland-Oos (Zimbabwe) |
Monding | Mambone, Mosambiek Indiese Oseaan |
Stroomgebied | Zimbabwe, Mosambiek |
Lengte | 640 km |
Oorspronghoogte | 1 470 m |
Mondinghoogte | 0 m |
Gemiddelde afloop | 438 m³/s |
Stroomgebiedopp. | 106 420 km² |
Kaart van die Saverivier-bekken in Afrika. |
Die rivier ontspring op die suidelike helling van die waterskeiding wat strek van Marondera tot die Inyanga Nasionale Park. Die oorsprong is net noordoos van Fort Charter, 15 km noordwes van Murambinda Town op die grens tussen die provinsies Masjonaland-Oos en Manicaland, 30 km wes van Hwedza en 80 km suid van Harare.
Hierdie standhoudende rivier is 735 km lank, waarvan 405 km in Zimbabwe is. Sy bekken is 106420 km², waarvan 83845 km² in Zimbabwe geleë is. In Zimbabwe vloei die rivier suid verby Dorowa, Mutema, Birchenough Bridge, Checheche, die J. Quinton Bridge, oor die Chivirira-waterval en deur die Gonarezhou Nasionale Park waar die Runderivier aansluit. Op daardie stadium draai die rivier ooswaarts en gaan op nagenoeg 21 25 suid en 32 30 oos op 300 m bo seevlak by Mávùe Mosambiek binne. Daarna vloei dit verby Massangena, Villa Franca da Save, Machanga, Cavane na die mond by Nova Mambona. Die delatamonding by 20 54 45 suid en 35 4 7 oos en 100 km suid van Beira bestaan uit wortelboommoerasse.
By sy oorsprong vorm die Save die grens tussen die Zimbabwiese provinsies Masjonaland-Oos en Manicaland. In die suidelike deel weer tussen die provinsies Manicland en Masvingo. Daarna is dit vir 'n 10 km die landsgrens. In Mosambiek is dit eers die grens tussen die Manica-provinsie en die Gaza-provinsie. Meer oos tussen die Manica- en die Inhambane-provinsies en verder oos tussen die Sofala- en die Inhambane-provinsies. Maar die Save is in Mosambiek ook 'n taalgrens. Ten noorde daarvan woon die Sjona en ten suide daarvan die Sjangaan. Tydens die Mosambiekse burgeroorlog het tradisioneel ondersteuners van Renamo noord en die van Frelimo suid van die rivier gewoon.
Veral in die suidelike deel van die Saveriviervallei in Zimbabwe is daar vrugbare grond. Suiker, koring, rys, katoen en lemoene word onder besproeiing verbou. Die benedeloop in Mosambiek word dikwels deur siklone en oorstromings geteister. In die deltamonding word op beperkte skaal hout gekap en vis gevang. Stroomop van die mond is die rivier vir 'n maksimum van 160 km met kleiner bote bevaarbaar.
In Zimbabwe sluit die volgende noemenwaardige riviere by die Save aan: Machekerivier (uit die noorde), Odzirivier (by die dorp Nyanyadzi) en die Runderivier (ook bekend as die Lundirivier, uit die weste). Die Rio Côa en die Rio Vumaóze sluit in Mosambiek uit die noorde by die Save aan.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.