Samuel Daniell
From Wikipedia, the free encyclopedia
Samuel Daniell (1775–1811) was 'n Engelse kunstenaar en reisiger in Suid-Afrika. Hy word sekretaris en tekenaar van 'n ekspedisie wat in 1801 uit Kaapstad vertrek om 'n gebied (tans Botswana) te verken. Daniell het juiste en treffende sketse gemaak en die plaaslike stamme uitgebeeld. In 1804 verskyn sy African Scenery, een van die waardevolste stukke Africana. Hy is in 1811 op Ceylon oorlede. Sy sketsboek oor Suider-Afrikaanse stamme verskyn in 1820 na sy dood.
Kitsfeite Gebore, Sterf ...
Samuel Daniell | |
---|---|
Gebore | 1775 Chertsey, Surrey, Engeland |
Sterf | 16 Desember 1811 Ceylon |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Veld | Skildery, tekening, illustrasie |
Werke | Korah-Khoikhoi besig om hulle hutte af te breek om na nuwe weivelde te trek (1805) Khoisan besig om sprinkane te braai (1805) |
Sluit