Samesweringsteorieë oor die Covid-19-pandemie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Samesweringsteorieë en verkeerde inligting oor die Koronaviruspandemie van 2019-2020 (covid-19) het na die aanvanklike uitbraak in China aanlyn na vore gekom, en sluit verkeerde inligting in oor die oorsprong, skaal, behandeling en ander aspekte van die siekte.[1][2] Daar is selfs beweer dat die SARS-CoV-2-virus 'n biologiese wapen met 'n gepatenteerde entstof is, of 'n bevolkingsbeheerskema is, of die gevolg van 'n spioenasieoperasie tussen die VSA en China is.[3][4][5]