SANZAAR (Suid-Afrika, Nieu-Seeland, Australië en Argentinië Rugby) is die liggaam wat Superrugby en Die Rugbykampioenskap-rugbywedstryde organiseer. SANZAAR vergader jaarliks en bestaan uit die hoof-uitvoerende beamptes van die lidunies.

Dit is in 1996 gestig as ’n gesamentlike onderneming van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, die Nieu-Seelandse Rugbyunie en die Australiese Rugbyunie. Voor die 2016-seisoen is die naam verander na SANZAAR na die insluiting van die Argentynse Rugbyunie as volwaardige lid van die organisasie.

Superrugby en die Drienasiesreeks (nou Die Rugbykampioenskap) is kort ná rugby se oorgang na professionalisme in 1995 geskep. Die konsep is deur Queensland Rugbyunie se hoof-uitvoerende beampte Terry Doyle, Nieu-Suid-Wallis se hoof-uitvoerende beampte David Moffett en die Australiese Rugbyunie se hoof-uitvoerende beampte Bruce Hayman ontwikkel. Om die kompetisie te befonds is News Limited genader, en uiteindelik word $555 miljoen oor 10 jaar vir die wêreldwye televisieregte bewillig.

Rian Oberholzer was die eerste voorsitter van SANZAR.

Sien ook

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.