From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Rooitand-snellervis (Odonus niger) is 'n vis wat voorkom in die Stille- en Indiese oseane, asook in die Rooisee en langs die ooskus van Afrika suidwaarts tot aan die suidkus van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Redfang triggerfish. Hierdie vis is die enigste spesie in die genus; die genus is dus monotipies.
Rooitand-snellervis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Odonus Gistel, 1848 |
Spesie: | O. niger |
Binomiale naam | |
Odonus niger Rüppell, 1836 | |
Die vis word tot 40 cm lank. Die vis het 'n diep lyf met 'n opvallende onderkaak en die tande is rooi. Die lyf is donkerblou tot pers en die skubbe aan die lyf het donker rande. Twee blou lyne strek van die oë tot by die bek. Die kop-area se kleur mag ligter word na gelang van die vis se gemoedstoestand. Die volwasse vis het lang stertvinpunte.
Die vis leef in aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 3 tot 55 m diep is. Hulle verkies hellings op die riwwe waar die stroom sterk is. Hulle vreet plankton in groepe saam.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.