Roofvoël
From Wikipedia, the free encyclopedia
Roofvoëls verwys meestal na twee nie-verwante ordes van voëls, naamlik: die Accipitriformes en die Falconiformes. Hulle is oor die algemeen vleisetende voëls wat vir hulle prooi jag. Hulle vang gewoonlik hulle prooi op die grond, in die lug of in die water. Sommige spesies vreet die karkasse van ander diere. As gevolg van hulle predatoriese gedrag is hulle gewoonlik aan die bokant van die voedselketting.
Hierdie voëls is meestal groot en het skerp sintuie (soos goeie visie) wat hulle hul prooi help opspoor. Hulle het ook sterk kloue met skerp naels. Hulle snawels is groot en skerp sodat dit vleis kan skeur.
Roofvoëls is nie al voëls wat gewerwelde diere vreet nie. Meeue, uile, kraaie en verskeie ander spesies maak ook op gewerwelde diere jag.