Rochefort is 'n bekende Belgiese biersoort wat deur Trappiste-monnike gebrou word.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Trappiste-brouery in Rochefort
Land
België
Stad
Rochefort
Stigting
1595
Broumeesters
Trappiste-monnike van die abdy Notre-Dame de Saint-Rémy
Jaarlikse produksie
18 000 hl
Webtuiste
trappistes-rochefort.com
Rochefort is 'n klein nedersetting in die provinsie Namur van die Franssprekende gewes Wallonië. Die abdy Notre-Dame de Saint-Rémy met 'n twintigtal monnike is enkele kilometer noord van die dorp geleë. Vyf van die monnike is in die klooster se brouery werksaam wat al sedert 1595 bestaan, maar destyds 'n minder belangrike rol gespeel het aangesien die monastieke gemeenskap hulle veral op landbouaktiwiteite toegespits het.
Die kloosterbrouery het sy biervervaardiging vrywillig beperk tot 300 hektoliter per week. Tans word drie biersoorte gebrou: die 6 (die oudste soort), die 8 (wat Spéciale genoem word) en die 10 (Merveille of die "wonder"), met 'n alkoholinhoud van respektiewelik 7,5%, 9,2% en 11,3%. Al drie biersoorte is sterk gefermenteerde "bruin" biere.
- Die brouery van die Pères Trappistes van Rochefort
- Rochefort se Trappiste-biere
- 'n Bierglas
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.