Rhodesiese rifrug
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Rhodesiese rifrug is ‘n honderas wat kenmerkend verskil van ander rasse deur ‘n unieke smal haarrif wat al langs die ruggraat teen die normale groeirigting in van die vag groei.
Hierdie hond word 10 tot 13 jaar oud, is sterk, gespierd en atleties gebou, het ‘n rustige temperament en blaf min. Die vag bestaan uit kort koringkleurige hare. Gewoonlik is die neus swart, maar soms kom ‘n bruin neus voor. ‘n Reun word 66 cm hoog en weeg gemiddeld 38 kg. ‘n Teef word 63 cm hoog en tot 32 kg swaar.
Europese besoekers het reeds in die 16de eeu honde met ‘n rifrug by die Khoikhoi aangetref. Deur kruising met bekende Europese hondesoorte is ‘n ras jaghonde ontwikkel wat die klimaat en plantegroei van Afrika goed kon verdra. In 1922 het telers van Zimbabwe ‘n standaard daargestel wat betref hoogte en kleur van hierdie besondere ras. Voorheen was die honde beter bekend as jaghonde, maar tans meer as waghonde en geselskapsdiere.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.