From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Sandkruipers en Sandhaaie (Rhinobatidae) is 'n kraakbeenvis-familie wat hoort tot die orde Rajiformes. Daar is nege genera met drie en vyftig spesies wat hoort tot dié familie. Die familie word verdeel in twee subfamilies: Rhinobatinae en Rhininae.
Rhinobatidae | |
---|---|
Rhinobatos productus | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Familie: | Rhinobatidae J. P. Müller & Henle, 1837 |
Genera | |
Sien teks. |
Die kop en voorste gedeelte van die lyf is plat en die agterste gedeelte lyk soos die tipiese haai lyf. Die pektorale vinne is baie wyd aan die kante van die kop en lyk soos vlerke. Daar is 5 pare kieusplete aan weerskante onder die kop. Die familie is ovovivipaar. Die grootte wissel van 06 – 3.1 m en die familie leef in vlak water tot by dieptes van 200 m.
Die kop is wigvormig met 'n plat snoet en neus en die twee dorsale vinne is ewe groot. Die stertvinlobbe is nie duidelik gedefinieer nie. Daar is sewe genera in die sub-familie met vyf spesies wat aan die Suid-Afrikaanse kus voorkom.
Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
Daar is twee genera met vyf spesies wat hoort tot die familie en twee van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor. Die kop is wigvormig maar die pektorale vinne is deel van die kop soos by die Rhinobtinae nie. Die twee dorsale vinne is ewe groot. Die stertvin het twee duidelik onderskeibare lobbe.
Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.