From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Republiek van die Río Grande (Spaans: República del Río Grande) was 'n onafhanklike Noord-Amerikaanse republiek wat op 17 Januarie 1840 gestig is en tot op 6 November 1840 bestaan het. Die republiek het op die gebied van die huidige Meksikaanse deelstate Coahuila, Nuevo León, Tamaulipas en 'n deel van die huidige Amerikaanse deelstaat Texas bestaan. Die republiek was vernoem ná die Rio Grande, wat daardeur gevloei het.
| |||||||||||||||||||||||||
| |||||||||||||||||||||||||
Hoofstad | Laredo (Januarie-Maart) Victoria (Maart-November) | ||||||||||||||||||||||||
Taal/Tale | Spaans | ||||||||||||||||||||||||
Godsdiens | Rooms-Katolieke Kerk | ||||||||||||||||||||||||
Regering | Republiek | ||||||||||||||||||||||||
President | Jesús de Cárdenas | ||||||||||||||||||||||||
Historiese tydperk | Nuwe Tyd | ||||||||||||||||||||||||
- Sewe wette | 17 Januarie 1840 | ||||||||||||||||||||||||
- Camargo-oorlog | 6 November 1840 | ||||||||||||||||||||||||
Oppervlakte | |||||||||||||||||||||||||
- 1840 | 300 000 km2 115 831 sq mi | ||||||||||||||||||||||||
Geldeenheid | Peso | ||||||||||||||||||||||||
|
Ná 'n dekade van twis het Meksiko in 1821 sy onafhanklikheid van Spanje gekry en ná 'n mislukte poging om 'n monargie te word, het Meksiko die grondwet van 1824 aangeneem. Hierdie grondwet het die Estados Unidos Mexicanos, die Verenigde Meksikaanse State, as 'n federale republiek, ná die voorbeeld van die Verenigde State geskep.
In 1833 is genl. Antonio López de Santa Anna vir sy eerste termyn as president verkies, en was teen die tyd van sy verkiesing, ter ondersteuning van die federale republiek. Egter nadat 'n paar lede van die regering Santa Anna se politieke bondgenote gekwaad het, het Santa Anna besluit om 'n gesentraliseerde regering te begin.[1] Santa Anna het die grondwet opgeskort, die Kongres ontbind en het homself tot die sentrum van mag in Meksiko gemaak. Dit het gelei tot die uitbarsting van 'n aantal opstande en afskeidingsbewegings deur die hele land, waarvan die Texaanse Rewolusie dié mees suksesvolle was. Minder suksesvolle afskeidingsbewegings was gepoog deur die Republiek van Zacatecas en die Republiek van Yucatán.
Op 17 Januarie 1840 was 'n vergadering gehou by die Oreveña Ranch naby Laredo.[2] 'n groep van hoogwaardigheidsbekleders van die state Coahuila, Nuevo León en Tamaulipas bepleit 'n rebellie op soek na afskeiding van Meksiko en die stigting van 'n eie federale republiek met Laredo as hoofstad. Egter hierdie state se kongresse en regerings het nooit enige aksie om die opstand te ondersteun onderneem en het versoek om die hulp van die sentrale regering in Meksikostad om die plaaslike staatleërs te help.[3]
Ná afloop van die vergadering het die rebelle tydelik verhuis na Guerrero weens veiligheidsredes en ná die slag van Morales in Maart 1840 is die regering verhuis ná Victoria binne die Republiek van Texas, waar dit gebly het totdat die rebellie in duie gestort is later in dié jaar.
In November het verteenwoordigers van genl. Canales en Arista vergader om die oorlog te bespreek. Tydens die vergadering het die Meksikaanse regering genl. Canales die posisie van 'n brigadier-generaal in die Meksikaanse weermag aangebied in uitruil vir sy afstand van die oorsaak van die rebellie. Genl. Canales het op 6 November die aanbod aanvaar en die Republiek van die Río Grande het misluk.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.