Reichenau (eiland)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Reichenau is 'n bewoonde eiland in die Duitse deelstaat Baden-Württemberg. Dit is die grootste eiland in die Bodenmeer en deur UNESCO in 2000 saam met die historiese klooster Reichenau as wêrelderfenisgebied gelys. Die eiland word as uitstekende voorbeeld van die godsdienstige en kulturele rol beskou wat groot Benediktynse kloosters in die middeleeue gespeel het.
Kitsfeite Kloostereiland Reichenau Bynaam: Klosterinsel, Geografie ...
Kloostereiland Reichenau Bynaam: Klosterinsel | |
---|---|
Die eiland, soos gesien vanuit Switserland | |
Geografie | |
![]() | |
Ligging | Bodenmeer, Baden-Württemberg
|
Oppervlakte | 4,3 km² |
Hoogste punt | Die Hochwart 438,7 m |
Administrasie | |
![]() | |
Deelstaat | Baden-Württemberg
|
Hoofstad | Mittelzell |
Grootste stad | Mittelzell
|
Demografie | |
Bevolking | 3 203
|
Sluit
In administratiewe opsig maak die eiland tans deel uit van die gelyknamige munisipaliteit in die distrik Konstanz wat naas die eiland ook gebiede op die vasteland insluit. Die eiland dien as dié munisipaliteit se administratiewe en kulturele sentrum. Die grootste nedersetting is Mittelzell.