From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Reëlmatige maan is in sterrekunde 'n natuurlike satelliet met 'n prograde wentelbaan taamlik naby aan sy planeet met 'n klein baanhelling en eksentrisiteit. So 'n maan het vermoedelik saam met die planeet gevorm – in teenstelling met onreëlmatige mane, wat later deur die planeet aangetrek is.
Die agt planete in die Sonnestelsel het minstens 57 reëlmatige mane: die Aarde s'n, 8 van Jupiter, 23 van Saturnus, 18 van Uranus en 7 van Neptunus (Dit lyk of Neptunus se grootste maan, Triton, later aangetrek is). Ook Pluto se vyf mane en Haumea se twee het saam met dié dwergplanete gevorm uit rommel wat uit botsings ontstaan het.
Die meeste reëlmatige mane is in 'n sinchroniese wentelbaan met hulle planete. Die een uitsondering is Saturnus se Huperion, wat 'n chaotiese rotasie toon.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.