From Wikipedia, the free encyclopedia
Die R550 is 'n streeksroete wat die R82-provisiale roete by Eikenhof met die R548-streeksroete by Devon verbind. Die roete begin vanaf 'n kruising met die R82 en R554-streeksroete. Hier staan die pad bekend as die Kliprivierrylaan en gaan suidoos. Dit kruis die R59 en net daarna die M61 (Vereeniging Weg). Dan kruis dit die N3-nasionale pad en die R103. Die roete gaan deur die suide van Brakpan, kruis die R23 en die M63 buite Nigel. In die Nigel is die roete as volg: Springs weg, Nigel Marievale Weg, Balfour Weg en Devon Weg, hier deel dit die R51 en die R42. Dit kruis die N17-nasionale pad net voor Devon waar dit aansluit by die R548 wat 'n entjie verder by die R29-provinsiale pad aansluit.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.