Rödåsel
From Wikipedia, the free encyclopedia
Rödåsel is 'n klein nedersetting in die munisipaliteit van Umeå in Västerbottens län, 'n administratiewe distrik in die historiese Sweedse provinsie (Sweeds: landskap) Västerbotten. Die plek, met 'n bevolking van 96 (2010) inwoners en 'n oppervlakte van 19 hektaar, is naby die monding van die Rodan-waterloop in die Vindelälven geleë. Die naaste dorpe is Tavelsjö (10 km), Vindeln (21 km), Vännäsvägen (26 km) en Umeå (38 km). Die Länsväg 363-pad loop net buite die dorp verby. Administratief behoort Rödåsel saam met die dorpe Blomdal, Rödåliden, Rödånäs, Västra Överrödå, Älglund en Överrödå aan Rödåbygden.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Kitsfeite Land, Historiese provinsie ...
Rödåsel | |
---|---|
Brug oor die Vindelrivier by Holmforsen in Rödåsel | |
Koördinate: 64°6′00″N 19°52′00″O | |
Land | Swede |
Historiese provinsie | Västerbotten |
Distrik (län) | Västerbottens län |
Munisipaliteit | Umeå |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,19 km2 (0,07 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 96 |
Webwerf | http://www.rodabygden.se |
Sluit