From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Río Marañón (Spaans: [ˈri.o maɾaˈɲon]) is die grootste sytak van die Amasonerivier in Suid-Amerika. Dit is saam met die Río Ucayali een van twee bronriviere van die Amasonerivier. Die rivier, met 'n lengte van 1 737 km, is die langste rivier, wat uitsluitlik deur Peru vloei. Die Río Marañón vloei deur hooggebergte, half-woestyn valleie, asook subtropiese en tropiese reënwoud.
Río Marañón | |
---|---|
Die Río Marañón na die inmonding van die Río Santiago naby Borja. Vanaf hier is die rivier bevaarbaar. | |
Die stroomgebied van die Río Marañón. | |
Oorsprong | Saamvloei van die Río Lauricocha en die Río Nupe in die Andes, noordoos van Lima (Peru) |
Monding | saamvloei met die Río Ucayali Amasonerivier |
Stroomgebied | Peru |
Lengte | 1 737 km (1 079 myl)[1] |
Oorspronghoogte | 5 800 m (Río Nupe) |
Mondinghoogte | 88 m |
Gemiddelde afloop | 14 900 m³/s[2] |
Stroomgebiedopp. | 382 877 km² |
Die Río Marañón ontstaan deur die saamvloei van die Río Lauricocha en die Río Nupe in die Peruaanse Andes noordoos van Lima. Aansluitend vloei die rivier binne die Andes in noordwestelike rigting parallel tot die kus van die Stille Oseaan. Net suid van die grens tot Ecuador vloei die Río Marañón in oostelike rigting. Naby die ewenaar net wes vanaf die grens tot Brasilië vloei die rivier met die uit suidelike rigting komende Río Ucayali saam en die hoofloop van die Amasonerivier ontstaan, vanaf hier ook Rio Solimões genoem.
Die grootste sytakke (stroomaf):[3][4]
Linkse sytakke | Regse sytakke |
|
|
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.