![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/aa/Encuentro_de_los_r%25C3%25ADos_Mamor%25C3%25A9_y_Beni_desde_Brasil.jpg/640px-Encuentro_de_los_r%25C3%25ADos_Mamor%25C3%25A9_y_Beni_desde_Brasil.jpg&w=640&q=50)
Río Mamoré
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Río Mamoré (Portugees: Rio Mamoré) is saam met die Río Madre de Dios een van die Rio Madeira se twee bronriviere, die grootste sytak van die Amasonerivier in Suid-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 1 930 km, vloei deur Noordoos-Bolivië en Wes-Brasilië.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/05/Satellite_image_of_Mamor%C3%A9_river_Bolivia.png/640px-Satellite_image_of_Mamor%C3%A9_river_Bolivia.png)
Kitsfeite
Río Mamoré | |
---|---|
Monding van die Río Beni (agtergrond) in die Río Mamoré (voorgrond). | |
Die stroomgebied van die Río Mamoré. | |
Oorsprong | saamvloei van Río Chapare en Río Ichilo (Bolivië) |
Monding | saamvloei met die Río Madre de Dios naby Guayaramerín (Bolivië en Brasilië) |
Stroomgebied | Bolivië en Brasilië (Rondônia) |
Lengte | 1 930 km (1 199 myl)[1] |
Mondinghoogte | 110 m (361 voet) |
Gemiddelde afloop | 8 200 m³/s |
Stroomgebiedopp. | 650 000 km² |
Kaart van die Río Mamoré-bekken in Bolivië. |
Sluit
Die Río Mamoré ontstaan deur die saamvloei van Río Chapare en Río Ichilo. Aansluitend vloei die rivier deur Trinidad. Verder noord bereik die Río Mamoré die grens van Brasilië, waar die Rio Guaporé, die rivier se grootste sytak, uitmond. 'n Wyle later vloei die rivier saam met die Río Madre de Dios, wat uit 'n westelike rigting kom, om die hoofloop van die Rio Madeira te vorm.