![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/aa/Encuentro_de_los_r%25C3%25ADos_Mamor%25C3%25A9_y_Beni_desde_Brasil.jpg/640px-Encuentro_de_los_r%25C3%25ADos_Mamor%25C3%25A9_y_Beni_desde_Brasil.jpg&w=640&q=50)
Río Beni
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Río Beni is die grootste sytak van die Río Madre de Dios, saam met die Río Mamoré een van die Rio Madeira se twee bronriviere, wat weereens die grootste sytak van die Amasonerivier in Suid-Amerika is. Die rivier, met 'n lengte van 1 100 km, vloei deur Sentraal- en Noord-Bolivië.
Kitsfeite
Río Beni | |
---|---|
Monding van die Río Beni (agtergrond) in die Río Mamoré (voorgrond). | |
Die stroomgebied van die Río Beni. | |
Oorsprong | saamvloei van Río de la Paz en Río Cotacajes naby Oruro (Bolivië) |
Monding | naby Nova Mamoré in die Rio Madeira, Bolivië/Brasilië |
Stroomgebied | Bolivië |
Lengte | 1 100 km (684 myl)[1] |
Oorspronghoogte | 640 m |
Mondinghoogte | 110 m |
Gemiddelde afloop | 11 850 m³/s |
Stroomgebiedopp. | 133 010 km² |
Kaart van die Río Beni-bekken in Bolivië. |
Sluit
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/0/06/R%C3%ADo_Beni.jpg/640px-R%C3%ADo_Beni.jpg)
Die Río Beni ontstaan deur die saamvloei van die Río de la Paz en Río Cotacajes naby Oruro in die suidweste van Bolivië. In die noordweste daarvan is dié land se regeringsetel La Paz en die Titicacameer geleë. Die Río Beni vloei in noordelike rigting deur die Andes se voetheuwels in die noorde van Bolivië, waar die Río Beni naby Nova Mamoré in die Rio Madeira uitmond.