![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/93/Casa_concello_Quiroga.jpg/640px-Casa_concello_Quiroga.jpg&w=640&q=50)
Quiroga, Galisië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Quiroga (Galicies: kiˈɾɔɣɐ) is 'n munisipaliteit in die provinsie Lugo in die outonome gemeenskap van Galisië, Spanje. Dit is die hoofstad van die comarca Quiroga. Die suidelike kant van Quiroga word begrens deur die Sil-rivier.[4]
Kitsfeite Land, Outonome gemeenskap ...
Quiroga | |
---|---|
Munisipaliteit | |
![]() Stadsaal | |
Ligging van Quiroga. | |
Koördinate: 42°29′N 7°16′W | |
Land | ![]() |
Outonome gemeenskap | Galisië |
Provinsie | Lugo |
Comarca | Quiroga |
Regering | |
• Alcalde | José Luis Rivera (Partido Independientes x Quiroga) |
Oppervlak | |
• Totaal | 317,56 km2 (122,61 vk. myl) |
• Land | 60,94 km2 (23,53 vk. myl) |
• Water | 7,17 km2 (2,77 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 3 099 |
• Digtheid | 9,8/km2 (25/vk. myl) |
Tydsone | UTC+1 (UTC+01:00) |
• Somertyd | UTC+2 (MES) |
Poskode | 27320 |
Webwerf | https://www.concellodequiroga.com |
Sluit
Die hoof ekonomiese aktiwiteite is landbou soos die verbouing van druiwe en olywe en mynwerke.
Olywe word in Quiroga verbou, waar dit tradisie is, aangesien die klimaat uitermate geskik is vir die verbouing daarvan.[5][6] In 2020 het Quiroga meer as 40,000 liter olyfolie geproduseer.[7]
Die munisipalitiet van Quiroga is 'n interessante natuurlike area, aangesien meer as 50% van die totale area bewaarde gebied is.