Quakenbrück
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Quakenbrück (Nederduits: Quokenbrügge) is 'n stad in die noorde van Duitsland in die deelstaat Nedersakse. Dit is langs die Haserivier geleë en vorm deel van die "samtgemeinde" (kollektiewe munisipaliteit) van Artland. Die plek het ongeveer 13 000 inwoners.
Kaart | Wapen |
Ligging | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Nedersakse |
Koördinate | 52°41′N 7°57′O |
Stigting (eerste verwysiging) | 1235 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 17,95 vk km |
Hoogte bo seevlak | 24 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2012) | 12 746[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 710/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Burgemeester | Claus Peter Poppe (SPD) |
Amptelike Webwerf | quakenbrueck.de |
Quakenbrück is bekend vir sy professionele basketbalspan, die Artland Dragons.
Volgens die oudste beskikbare dokumente is Quakenbrück in 1235 deur die biskop van Osnabrück gestig, alhoewel die gebied vroeër ook bewoon was. Dit het as 'n grens na die noorde van Osnabrück gedien.
Op 29 Mei 1916 is 'n spykerman van Franse populier gemaak en deur Clemens Freiherr von Schorlemer-Lieser aan die stad geskenk. Die standbeeld, wat 'n 13de-14de eeuse ridder met 'n harnas, skild en 'n swaard uitbeeld, is in die stadsaal uitgestal en het bekend geraak as die Quakenbrück Yster Ridder (Quakenbrücker Eiserne Burgmann). Die beeld is deur twee soldate van Schorlemer se Bataljon gebou. Inkomste uit die beeld is vir verdere oorlogvoering aangewend.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.