Ptolemeus XIII Theos Filopator (Grieks: Πτολεμαῖος Θεός Φιλοπάτωρ, "Gelief deur sy Vader"; omstreeks 62 - 13 Januarie 47 v.C.) was van 51-47 v.C. farao van Egipte en een van die laaste lede van die Ptolemeïese dinastie. Hy was die seun van Ptolemeus XII Auletes en die broer en medeheerser van Cleopatra VII. Ptolemeus het later ook saam met sy ander suster, Arsinoe IV, regeer.
Ptolemeus XIII | ||||
'n Kunswerk deur Élisabeth Sophie Chéron, omstreeks 1736. | ||||
Farao van die Ptolemeïese dinastie | ||||
Periode | 51-47 v.C. | |||
Voorganger | Ptolemeus XII Auletes | |||
Opvolger | Ptolemeus XIV Philopator | |||
Vader | Ptolemeus XII | |||
Gade(s) | Cleopatra VII (suster) | |||
Gebore | c. 62 v.C. | |||
Oorlede | Dalk 13 Januarie 47 v.C. (op 15) | |||
|
Ná 'n magstryd teen Cleopatra VII het Ptolemeus XIII eindelik uit Alexandrië gevlug. Hy het na berig word op 13 Januarie 47 v.C. verdrink terwyl hy die Nyl probeer oorsteek het. Cleopatra VII het daarna 'n ander broer, Ptolemeus XIV, as haar nuwe medeheerser aangestel.
Skakels
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.